2018
PRESTASIE
Usher Henn is deel van Laerskool Simon van der Stel se 🏉rugby spelers wat op 26 Mei hul laaste uit dun wedstryd teen ander provinsies speel om te sien of hul gaan deur dring vir Gravenweek. Wie is teen so ‘n sterk kaalvoet bulletjie bestand!
Foto - Marinda Henn (verskaf)
Foto - Marinda Henn (verskaf)
Baie geluk ook aan Reinier Van Rooyen wat gekies is vir een van die SA spanne van HTS Drosdy om deel te neem aan die Wêreld Kampioenskappe vir toutrek later vanjaar.
📸 BRON: Facebook foto.
📸 BRON: Facebook foto.
Ons wil graag vir Melissa Groenewald geluk wens met haar Graad in Sport Wetenskap by University of Western Cape.
~Spesiale boodskap~
Mag die pad nooit vir jou te steil word nie, mag die sonskyn jou aangesig koester, mag die reën saggies op jou velde daal. Mag God jou in Sy holte van Sy hand hou vandag, môre en altyd.
~Spesiale boodskap~
Mag die pad nooit vir jou te steil word nie, mag die sonskyn jou aangesig koester, mag die reën saggies op jou velde daal. Mag God jou in Sy holte van Sy hand hou vandag, môre en altyd.
Ons wil graag vir Nicola Cilliers met haar Graad in Arbeidsterapie wat sy verwerf het by University of Cape Town .
~ Spesiale boodskap ~
Draai altyd jou gesig na die son en die skaduwee sal agter jou lê. Bly altyd positief!
📸 BRON: Facebook foto.
~ Spesiale boodskap ~
Draai altyd jou gesig na die son en die skaduwee sal agter jou lê. Bly altyd positief!
📸 BRON: Facebook foto.
Ons wil graag vir Claudia Harrison geluk wens met haar Honneurs Graad in Joernalistiek wat sy by Stellenbosch University verwerf het.
~Spesiale Boodskap ~
Mag die toekoms vir jou mooi wees en jy mooi vir die toekoms.Hou jou oë gevestig op God en dit sal altyd met jou goed gaan. Sterkte met dit wat voorlê.
📸 BRON: Facebook foto - David Gross
~Spesiale Boodskap ~
Mag die toekoms vir jou mooi wees en jy mooi vir die toekoms.Hou jou oë gevestig op God en dit sal altyd met jou goed gaan. Sterkte met dit wat voorlê.
📸 BRON: Facebook foto - David Gross
2017
Ons Gemeente het besluit om vir Ina en Ds Hannes n gesamentelike verjaarsdag te hou in die Saal. Die spesiale geleentheid was gehou op Woensdag, 11 Oktober 2017 om 11:00 .
LENTE BASAAR
Ons Gemeente se basaar was gehou op Vrydag, 1 September 2017 om 18:00.
BASAAR - 31 MAART 2017
Die Basaar het Vrydag aand R25 777 opgelewer. Baie dankie aan almal wat ons Basaar so mooi ondersteun het. Ons wil dankie sê aan almal wat so hard gewerk het agter die tafels en ook aan diegene wat produkte op die tafels gesit het. Dankie aan almal wat voor die tyd die saal reggemaak het en ook diegene wat na die tyd opgeruim het asook aan die dames; Santie en Johanna wat die kombuis help skoonmaak het. Dankie ook aan Nickie Carstens vir die musiek wat hy verskaf het. Leanie Foot en Constantia Bulletin vir die advertensies wat geplaas was, Alles het bygedra tot ʼn heerlike atmosfeer.
2015
GEMEENTE VERJAARSDAG TEE & VADERSDAG TEE
VERJAARSDAG WENSE
Ons Gemeente het op die 12 Junie 2015 sy 38ste bestaansjaar herdenk! Geluk wensing ontvang vanaf N G Wes-Suid-Kaap.
PRESTEERDER
2014
DOOP
Graag wil ons die ouers van Katie Moleveld geluk wens met die doop van hul baba vanoggend. Mag sy vir jul nog baie vreugde in die lewe besorg en ons bid u sterkte toe om vir haar die regte leiding te gee en in Sy Naam groot te maak. Gedoop deur Ds. H Koegelenberg op Sondag 5 Oktober 2014.
WEERMAGDIENS
Op Sondag 21 September 2014 het ons die Weermaglede uitgenooi na ons toe.
LENTE BASAAR
Ons Gemeente het 'n lekker LENTE BASAAR gehou op Saterdag 6 September om 09:00.
Vir almal wat ons basaar ondersteun & hard gewerk het om 'n sukses te maak van die basaar, baie dankie ons waardeer dit. Hoop ons sien julle volgende jaar weer...
Vir almal wat ons basaar ondersteun & hard gewerk het om 'n sukses te maak van die basaar, baie dankie ons waardeer dit. Hoop ons sien julle volgende jaar weer...
MADAGASKAR - SENDELINGE
Besoek van Hery en Sonia van Madagaskar.
DOOP
Baie geluk aan Sunette & Francois Hamman wat hul baba Sebastian Johannes ten doop bring vanoggend. Mag die Here vir u die krag gee om hom in sy weë groot te maak. Gedoop deur Ds. H Koegelenberg op Sondag 27 Julie 2014.
KOLORATUUR SANG OPVOERING
Daar was op Sondag 20 Julie 2014 'n fantasties opvoering gehou in ons kerksaal deur twee begraafte musiek studente. Die studente ( Silvia van Zyl & Caroline Robertson) wat begelei was deur Mev. D. Potgieter.
PRESTEERDER
Ons wil net vir MELISSA GROENEWALD baie geluk wens met haar PUIK prestasie. Sy het Half Ere kleure verwerf vir Basket bal.
Sy was ook laasjaar gekies vir WP Netbal.
Sy was ook laasjaar gekies vir WP Netbal.
BASAAR
Ons Gemeente het op die 28 Maart 2014 Basaar gehou.
DOOP
Veels geluk aan André & Nicolette Visser met die doop van hul baba Aimee Visser. Gedoop deur Ds. H Koegelenberg op Sondag 16 Maart 2014
PRESTEERDER
Ons wil net vir Nicola Cilliers baie geluk toe wens met haar PUIK prestasie in die eksamens wat sy behaal het.
Sy het die 1ste plek behaal in die Wes-Kaap! Ons hoop dat sy ook groot sukses sal behaal met haar studies. |
|
2013
DOOP
Veels geluk aan Handré & Dielda Mienie met die doop van hul babadogter Lana Mienie. Gedoop op Sondag 22.Desember 2013.