Lorraine lees uit Ps 139:16 en Rom 8:28 en verwys na God se plan vir ons lewe
Sy vertel van die dood van haar man Ken 3 jaar gelede in Thornton na ‘n aanval by hul huis. Lorraine self is wreed aangerand en was bewusteloos na houe op die kop met ‘n vleishamer. Sy is eers 5 uur later in Vincent Palotti hospital opgeneem. Ten spyte van 22 steekwonde en die gekraakte skedel het sy nooit enige pyn gehad nie. Sy was 11 dae in die hospital en woon nou by die Brown & Annie Lawrence Home in Pinelands.
Ten spyte van die hartseer oor Ken (hul was 54 jaar getroud) sien sy God se plan met haar lewe is uiteindelik volvoer 99% van die mense wat vandag deel is van haar lewe sou nie voorheen haar pad gekruis het nie. Sy kon nie voor die gebeure praat voor ‘n groep mense nie, maar God het haar lewe gespaar met ‘n doel. Hy het haar tong ‘los’ gemaak vir hierdie getuienistaak.
Ken het na sy aftrede begin met die Frank Retief kerk se Radio Mission program. Hy het die preke gereed gemaak vir uitsending oor radiostasies (30 minuut preke) Lorraine help nog steeds met hierdie werk (Radio Mission). Die preke word deur 24 radiostasies gebruik waarvan 5 buite SA is, onder andere in Burundi, Uganda, St Helena.
Bid asseblief vir die radiobediening; dat God se liefdesboodskap wyd gesaai sal word en op vrugbare grond sal val.
Bid asseblief ook vir Lorraine vir gesondheid sodat haar boodskap vlerke kan kry en meer mense kan seker maak of hul gereed is om God te ontmoet.