Ons Hemelse Vader het wonderlik onderneem. Die datum, die weer, donasies, hoeveelhede, die tyd om alles voor te berei en betyds daar aan te kom. Alles was net wonderlik geseënd!
Die dag (Saterdag, 19 Jul) het so verloop:
08:15 - rolletjies was nog warm en klaar gereed toe ons dit gaan oplaai; ons kry dit gratis en het dus geld oor sodat ons vir elke kind ‘n fizzer kan bykoop.
08:45 – By die kerksaal waar drie mans besig is om vure aan te steek om die 240 patties te braai. Die swart wolke ten spyt, besluit hulle om buite te braai en nie onder die afdak nie.
ONS GOD IS SO GROOT! SO STERK EN SO MAGTIG! DAAR’S NIKS WAT ONS GOD NIE KAN DOEN!! Die hele oggend gelyk na reën, maar die reën bly tog weg!!! PRYS SY NAAM!!
09:00 – Dames in kombuis begin rolletjies sny en smeer; ander help die manne om die roosters te pak.
10:00 – Die patties begin van die roosters af inkom en in die oonde warm gehou.
10:30 – Marietjie maak bietjie tee vir innerlike versterking en die dames oefen saam aan die liedjies wat ons die kindertjies wil laat sing.
11:00 – Die ‘vervoerband’ begin die hamburgers aanmekaarsit. Eers patty op die broodjie, dan tamatiesous met ‘n kwassie, in die sakkies sit, toevou en verpak.
11:30 – Klaar gewerk en opgeruim. Ses van ons ry in twee motors om Chantel in Blackbirdlaan te ontmoet. Sy en haar man en paar helpers het begin met die “Jesus loves me” bediening in Parkwood in antwoord op ‘n opdrag van ons Hemelse Vader. En Hy voorsien elke keer in al hul behoeftes vir die kindertjies.
12:00 – Sommer daar, op die sypaadjie, staan kindertjies netjies in twee rye en wag. Chantel en ‘n paar helpers het die vorige aand briefies in die gemeenskap uitgedeel.
12:15 - Ons sing saam met die kinders heerlik aan ou bekendes “If you’re happy and you know it” en “Jesus loves me” My God is so groot, Wide wide as the ocean ens
12:30 – Bid vir seën op die kos en begin die hamburgers en fizzers uitdeel. Almal met kaarjies kry eerste en toe ook die tweede ry sonder kaartjies. Ons getal was “spot on” it kan net God se genade en voorsiening wees.
13:00 – Ons maak ‘n kringetjie, vat hande en loof ons Vader vir alles wat so goed verloop het. Aan Hom al die eer.
Dankie vir al die donasies, hulp en gebede. Bid saam met ons vir al die kinders in ons land en oor die wêreld wat nie altyd genoeg het om te eet nie.