Mercia stel ons spreker, Nicole Ravello-Hoërson en haar man Allain voor. Sy is ‘n bekeerde uit die Islam en werk onder Moslems. Sy het in Madagaskar grootgeword. Haar pa was ‘n magistraat. As tiener was dit vir haar ‘n skok toe haar ouers geskei is. Daar was ‘n leegheid in Nicole en sy begin met ‘n reis om die leegheid te vul. Sy was altyd passievol en het altyd voluit geleef en niks half gedoen nie. Sy het van die musiek van die nonne en monnikke gehou en word ‘n Rooms Katoliek en gaan na ‘n klooster. Eendag was sy egter geskok toe 3 mans kom aanklop vir kos en die nonne hul wegjaag sonder om hul te help.
Sy los die Christendom en word ‘n Hindoe. Hul het miljoene gode en sien Jesus net as een van baie gode. Boonop glo hul in reïnkarnasie. Eendag trap sy ‘n kakkerlak dood en ‘n hindoe vriendin sê: “Jy kan dit nie doen nie, dis dalk jou oupa.”
Sy los ook Hindoeïsme en word ‘n Boeddhis. Daar is net soveel gode en jy bereik eers nirvana (vrede) na 150 reïnkarnasies.
Volgende word sy ‘n Moslem. Haar beste vriendin op skool was ‘n Moslem. Hulle is baie vriendelik en gasvry. Sy word deel van haar vriendin se groep. Hul vas en bid 5 keer ‘n dag. Haar oë het eers oopgegaan toe haar vriendin se ouers wou hê sy moes trou met ‘n wildvreemde. Hul 2 meisies het vir Allah gebid dat die man tog goed sal lyk.
Mense word Moslems sonder dat hul eers die Koran bestudeer het. Nicole begin om die Koran te lees en sien ‘n man kan 4 vrouens hê en as een hom nie plesier nie kan hy selfs per sms net 3 keer sê: “ek skei jou” en nog meer hy kan soveel byvroue hê as wat hy begeer. As hy paradys toe gaan kan hy 2 vroue saamneem, of hy kan daar soveel maagde kry as wat hy wil hê. Koran 4:34 sê as vrou jou kwaad maak ( byvoorbeeld weier om jou bed te deel) mag jy haar slaan. Sy los ook Islam en sluit by ‘n okkulte groep aan. As jy jou met die donkerte bemoei, word dit donker in jou.
Gelukkig het sy toe by haar tweelingbroer en twee susters gaan woon en hulle was Christene. Sy het hul eendag kerk toe gevolg en daar liefdevolle mense gevind. Sy lees Matt 11:28 en vind rus by Jesus. Die duiwel het hard probeer maar ‘n sagte stem het vir haar gesê; “Kom na My toe Ek sal jou rus gee” ‘n Sendeling het aan haar die Evangelie verduidelik en sy het die Bybel begin lees. Sy kon dit nie neersit en het 2 dae en 2 nagte aanmekaar gelees. Sy bely daarna haar dwalinge en vra dat God haar sal gebruik om Sy boodskap oor te dra.
Sy het in 1980 SA toe gekom en is verbonde aan die Kalkbaai Bybelkollege. Hand 17:24 – 28 sê onder andere “In Hom leef, beweeg en is ons”. Hy stuur ons uit, ook na die Moslems. Reik uit na hulle, wen hul met liefde en bo alles bid vir hulle.