Na die eerste uitreik het ons by ‘n diens in die kerk vertel hoe die oggend verloop het en gevra vir hulp van ander gemeentelede.
Baie dankie aan diegene wat die roepstem gehoor en kom help het. Ons het dié keer 300 hamburgers gereed gekry en alles het glad verloop. Dankie vir al die gebede en donasies uit die gemeente. Twee besighede in die omgewing het ook donasies gegee.
08:15 Kry die hamburger rolletjies wat weer geskenk is deur Spar. Baie baie dankie.
08:30 Begin by die kerksaal met die vure se aansteek. Daar is dié keer 5 braaiers!
09:00 Die kole is reg, maar “O wee” die patties nog gevries! Laas keer was dit te pap! Die patties staan in die flou sonnetjie. Ria sukkel om dit los te kry van mekaar af om dit op die roosters te kan pak. Ek beloof om volgende keer die wekker te stel en dit so 4 uur uit die vrieskas te haal!!
10:00 Die dames sny en smeer solank die broodjies. Die patties kom van die roosters af en in die oonde warm gehou. Ander oefen solank aan die liedjies wat ons die kinders wil leer.
10:30 Die hamburgers word gemaak en verpak. Almal word ingespan; sefs die kleinste van die twee skoolkinders wat kom help het.
11:00 O wee ons sakkies ie te min! Wat nou gemaak? Page dink sy het ‘n rol waspapier wat ons kan opsny. Maar ons is baie sakkies kort! Een rol waspapier gaan nie eers genoeg wees nie!
11:10 Page kom jubelend in met ‘n pak sakkies! Sy vertel: “by die huis besef ek ek het nie ‘n rol waspapier nie. Ek gaan kyk in ‘n ander kas en daar REG VOOR staan die pak papiersakkies waarna ek al jare gesoek het en nie kon kry nie! Dit was nie daar reg voor in die kas nie. Ek belowe julle; "Hy het dit daar neergesit.” Ons glo Hy het dit weggesteek vir jou oë omdat Hy dit vir vanmôre wou gebruik! Ook om ons almal se geloof te versterk.
11:45 Ons ruim op. Die mans maak die braaiplek netjies. Die dames die kombuis en ons pak die motors.
12:00 Omdat ons meer hande gehad het dié keer het ons tyd vir ‘n vinnige koppie koffie voor ons Parkwood toe vertrek.
12:30 Die rye kinders in Parkwood oorweldigend. Daar is reeds heelwat meer as die vorige keer. Die helpers het die kinders in twee rye verdeel . Dié wat deel is van die ‘Jesus loves me’ bediening van Chantel Lengeveldt en dan die res wat gesien het daar is iets om te eet. Ons sing heerlik saam. Daar is entoesiastiese helpers wat Jesus se Naam proklameer en die kinders aanmoedig om Hom te loof uit hul harte.
Na ‘n gebed deur Pastoor Lengeveldt word die kos en ‘n fizzer uitgedeel. Ons kon nog 20/30 meer gehad het.
Ons maak ‘n kringetjie en bid vir die redding van siele en loof ons wonderlike Hemelse Vader vir Sy oorvloedige liefde aan Sy kinders.