GESKIEDENIS VAN PLUMSTEAD GEMEENTE
Afstigting 12 Junie 1977
Die gemeente stig af met 520 lidmate vanaf Wynberg Gemeente. Die saal & pastorie in Woodgate Weg word as bruidskat geskenk op voorwaarde dat R20 000 van die bestaande verband oorgeneem word en deur die nuwe gemeente afbetaal word.
Slegs enkele persone wat tydens afstigting as kerkraadslede gedien het is nog in ons gemeente. Hulle is broers M E A Kent & M J Meyer wat nogsteeds dienende kerkraadslede is.
Mej A E Slabbert was genader om die pos as begeleier vir die dienste te vul, wat toe wel aanvaar is. Sy het met tye haar dienste onderbreek, maar het tot Desember 2006 as orrelis vir ons gespeel.
Vir die volgende twee jaar word gebruik gemaak van aflos predikers.
Ds. F N B (Bobbie) Liebenberg en sy gesin word in Januarie 1979 as die eerste pastorie gesin in die nuut gestigde gemeente van Plumstead verwelkom. Hulle het vir 21 jaar hierdie gemeente met liefde, toewyding en ywer gedien. Gedurende hierdie tyd is twee baie groot ondernemings aangegaan en deurgevoer, naamlik die bou van Plumstead Rusoord vir bejaardes (wat binne die grense van die gemeente val) asook die oprigting van die huidige kerkgebou.
Ds. Liebenberg ontvang emeritaat op 1/4/96 maar dien nog in die gemeente tot sy aftrede op 20/2/00. Hulle verhuis na die Strand en hy is op 13/02/04 op 68 jarige ouderdom oorlede. In 'n huldeblyk tydens sy begrafnis het Dr. Pieter Bingle, leraar van die Gereformeerde Kerk van Kaapstad o.a. gesê: Sy soort is min! Hy was amper soos speserye wat smaak aan die lewe gee. Hy was BTW (Besondere Toegewyde Waarde)

KERKGEBOU
Samesprekings word gedurende 1979 gehou vir 'n beoogde kerk. 'n Fondsinsameling kommissie van agt lede word gestig waarvan slegs Mev H Newman nog 'n lidmaat is. Oom Ben Botes wat in 2006 die gemeente verlaat het was aan die spits van die komitee en daar word met ywer fondse in gesamel. Op 'n stadium het dit afgeplat en daar was selfs 'n versoek dat die kerkraad moes afsien van die kerkbouery omdat die ekonomie in Suid-Afrika nie te rooskleurig gelyk het nie. Rente koerse op verbande was baie hoog. Daar is egter vasgebyt en daar is weer met nuwe ywer fondse ingesamel.
Die kerk se hoeksteenlegging vind plaas op 7 November 1987 en op 15 April 1988 word die kerkgebou ingewy.

VERANDERINGS TREE IN
Groot kommer word ondervind in die ring van Vishoek oor die dalende lidmaat getalle, swak erediens bywoning (veral aanddienste) en probleme wat gemeentes ondervind met die verkryging van kerkraadslede.
Gedurende 1992 versoek die ring van Vishoek dat daar gekyk moet word na die toekoms beplanning van die vier kwynende gemeentes naamlik: Van Riebeeck, Ottery, Southfield & Plumstead. Gedurende 1994 word die situasie en besprekings geevalueer en 'n beginselbesluit word geneem as voorbereiding vir fase twee. Na vele samesprekings is konsensus bereik dat die vier gemeentes sou saamsmelt en een nuwe makro gemeente vorm.
Volgens berekening sou daar na samesmelting ongeveer 1000+ lidmate wees. Die eenwording van die vier gemeentes was 'n lang en pynlike proses vir leraars, kerkrade & gemeentelede.
'n Besluit word gemeen dat Plumstead se geboue in die toekoms gebruik gaan word. Op 1/3/96 smelt Plumstead en Van Riebeeck saam. Ds. Liebenberg tree op as leraar, Ds. F Stone & Ds. K Smith as tentmakers.
Op 9/12/96 word Southfield ingelyf by Plumstead met Ds. J J U Henn as 'n verdere leraar.
Ottery gemeente het intussen besluit om nie saam te smelt nie. daar word gevind dat daar te veel predikante vir die hele gemeente is en daar word op 25/1/98 afskeid van ds. Stone geneem. Die gemeente gaan voort met drie leraars wat die lidmate bedien.
Met die uittrede van Ds. Liebenberg in 2000 bly slegs Ds. Henn & Ds. K Smith oor. As gevolg van veranderinge by die ouetehuis wat geheel en al deur die staat oorgeneem word, trek daar weining N G lidmate in. Die groepgebiede wet bestaan nie meer nie en ander gelowiges trek in waar ons lidmate gewoon het. Lidmaat getalle en kerkbywoning daal, inkomste daal noodgedwonge saam met die veranderinge. Na 'n vrugbare bediening besluit Ds. K Smith om demissie te neem op 6/4/2003.
Sedert die ontstaan van die gemeente word daar van 'n nuwe Psalms & Gesange boek gebruik gemaak wat weer gedurende Oktober 2001 met die huidige Liedboek vervang is.